‘n Nuwe hoofstuk begin vir Laerskool Orion
ADVERTISEMENT
Laerskool Orion maak hul eerste amptelike plasing vir ons splinternuwe sport – BERGFIETS! Kyk net hoe netjies en trots lyk ons leerders. Hierdie is die eerste amptelike bergfietsspan van Laerskool Orion, en ons is ongelooflik opgewonde oor hierdie nuwe uitdaging wat die Ories aanpak. Hulle neem reeds hierdie naweek deel by Riversands – ons wens elkeen van julle alles van die beste toe. Ons is reeds ongelooflik trots op julle! ’n Groot dankie aan elke ondersteuner en borg wat reeds bygedra het om hierdie sport op die been te bring. Julle insette maak ’n werklike verskil, en ons waardeer dit opreg.











