Laerskool Bastion se leerders presteer aan die Paarl Vallei Eisteddfod
ADVERTISEMENT
Drie van Laerskool Bastion se leerders het besonders goed gevaar by die Paarl Vallei Eisteddfod deur kategoriewenners by die tekenafdeling van die kunswedstryd te wees. Hulle het die afgelope naweek hul toekennings by die Prestige Gala Aand van die Eisteddfod ontvang. Baie geluk aan Lilia van Wyk (Graad 4), Lian Herbst (Graad 5) en Storm-Mari Kitching (Graad 7) wat hierdie besonderse prestasie behaal het!












