Paul Roos Gimnasium Waterpolo Voorseisoen en -kamp
ADVERTISEMENT
In Januarie het Paul Roos sy sesde Voorseisoen Waterpolo-toernooi en -kamp aangebied. Die doel van dié toernooi is om spelers van top SA waterpolo-skole die geleentheid te bied om vriendelik met mekaar te kompeteer ter voorbereiding van die jaar se formele kompeterende toernooie. Paul Roos Gimnasium, St Andrews College (Grahamstown), Grey High Hoërskool (Gqeberha), Pearson Hoërskool (Gqeberha), Wynberg Seuns Hoërskool, Reddam House, Bishops College, Rondebosch Boys’ High and SACS het almal tussen 12 en 14 Januarie aan die toernooi deelgeneem.
Alle deelnemers het waardevolle ervaring opgedoen. Paul Roos se waterpolo-spelers het ook ‘n oefenkamp bygewoon. Mnr. Csaba Rull en sy vrou Beata – van die Eger Klub in Hongarye – het deelgevorm van die afrigtingspan. Hierdie jaarlikse kamp vorm deel van Paul Roos se ontwikkelingsprogram wat waterpolospanne blootstel aan die top-gehalte afrigters. The Hüssar Grill Stellenbosch het as trotse borg vir die Voorseisoen Toernooi opgetree.
PRG water polo in action
PRG Water Polo Team & Mr Csaba Rull
Waterpolo fotos (deur Francois Louw).










