Desember Sportprestasies van Paul Roos Gimnasium leerders
ADVERTISEMENT
Desember Sportprestasies van Paul Roos Gimnasium leerders
- 34 Paul Roos seuns verteenwoordig Boland by die jaarlikse inter-provinsiale waterpolotoernooi in Durban (10-14 Desember 2022).
- PRG Waterpolo se Josh Reyneke is verkies om by die o19 SA-span aan te sluit wat aan die SA-skoletoernooi sal deelneem.
- PRG Krieket se Riley Norton is na afloop van die Khaya Majola Krieketweet verkies om deel te vorm van die SA Colts Krieketspan. Dit is ‘n merkwaardige prestasie vir ‘n 16-jarige.
Riley Norton
- PRG Sokker se Tyler Cicero is aangewys in die Beste XI van die o17 AFCON Algerië 2023 |COSAFA-kwalifikasie-toernooi. Hy het in elke wedstryd gespeel soos Suid-Afrika die kompetisie as naaswenners tot Zambië geeïndig het. Tyler Cicero kwalifiseer om aan volgende jaar se kontinentale pronkstuk deel te neem.
Tyler Cicero Junior Sokkerspeler van die jaar
- PRG Skaak se Alexander van der Merwe het deelgeneem aan die XXXIII Internasionale Cracovia Skaaktoernooi in Krakow Poland. Alexander is as nommer 72 gerank, maar het in vierde plek geïndig. Hy het 7 punte behaal en het as naaswenner (met slegs ‘n halfpunt agter die wenner) geïndig. Alex het nie een wedstryd verloor nie.
Alexander vd Merwe
- PRG Gholf se Jack Brugman en Andries van der Vyver vorm deel van die WP Junior-gholfspan – wat derde geïndig het by die SA’s in Nelspruit. Andries van der Vyver het die derde beste uitslag van al die deelnemers behaal.
Andries van der Vyver_ Gholf
- PRG Tennis se Willem de Waal en Pieter Kotze het aan die Growthpoint Cape Town Super 8 Toernooi deelgeneem. Willem (wat 9de gekeur was) het die Mans Ope-afdeling gewen. Pieter (wat 2de gekeur was) het die o16-titel gewen. Verskeie ander PRG tennisspelers het ook aan die toernooi deelgeneem. Divan Prinsloo was een van die dubbelswenners in die Mans Goue-afdeling.
Pieter Kotze Tennis
Willem de Waal
- Vyf PRG Hokkie-leerders het deelgevorm van die o16 Boland Binnenshuise Foxes-span, wat met ‘n goue medalje by die Nasionale toernooi weggestap het. Ruben Sendzul en Ryan Williams is verkies tot die Nasionale All Stars Span.
Reuben Sendzul and Zeke Hougaard Hockey
- Die o.18 Boland Foxes-hokkiespan het ‘n brons medalje verower in die Nasionale Binnenshuise Hokkietoernooi. Sian Maart, Moses Kossman, Zeke Hougaard, Paul Roos en Izak de Wet was al vyf in dié span. Zeke Hougaard is verkies tot die o18 Nasionale All Stars span.
PRG U 16 Foxes team PRG learners
- Reuben Sendzul en Zeke Hougaard was beide in Duitsland (Cologne) waar hulle die All Stars SA-span verteenwoordig het. Na hulle teen top-hokkieklubs in Duitsland gekompeteer het, vertrek hulle na Amsterdam waar hulle aan die nasionale kampioenskappe van hul liga deelneem, en teen top-klubs soos Denbosch, Bloemendaal en Amsterdam speel.
- Paul Roos Gimnasium se hoofseun, Miguel Carelse het die Burger (in samewerking met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement) se 64ste Jeugleierskonferense bygewooon.
Miguel Carelse










