HS Ermelo langasems hardloop plekke los by MPU-kampioenskap
ADVERTISEMENT
Drie Errie-langasems het op 10 September deelgeneem aan die Mpumalanga-kampioenskap.
Bongmusa Vilakazi het ‘n vierde plek behaal, Mia Steenkamp ‘n tweede plek en Esmarie Klopper ‘n vyfde plek. Al drie hierdie atlete is gekies vir die Mpumalangaspan en neem op 1 Oktober deel aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Oos-Londen.
Baie geluk. EHS is trots op julle en wens julle alle sterkte toe vir die SA-kampioenskap.
V.l.n.r.: Esmarie Klopper, Mia Steenkamp en Bongmusa Vilakazi.










