Laerskool Olifantsvallei kwartaal 2 prestasies
ADVERTISEMENT
Laerskool Olifantsvallei kwartaal 2 prestasies.
Tweekamp
Die tweekamp atlete het tydens die algemene jaarvergadering die beker vir die BESTE tweekamp laerskool in die Boland streek, in ontvangs geneem.Rouxlé Kotzé word aangewys is as Tweekamp atleet met die beste vordering. Baie geluk!
![]()
Op Saterdag en Sondag, 28 en 29 Mei 2022, het Daniël Theron aan die SA Thriathle en Biathle Kampioenskappe deelgeneem. Hy behaal ‘n tweede plek in die Biathle en ontvang ‘n silwer medalje. Daniël het ook puik gevaar tydens die Triathle met ‘n 8ste plek van 23 deelnemers. Baie geluk! Ons is baie trots op hom en hou duimvas dat hy in die SA-span opgeneem word.
![]()
Boogskiet
Baie geluk aan Tylee Davids wat tydens die interskole boogskiet-kompetisie ‘n goue medalje verwerf het. Sy het ‘n telling van 274 uit 300 geskiet en is as die beste laerskool dogter in “bulls eye”aangewys.
Baie geluk aan Jana Hough wat tydens die boogskut interskole kompetisie by ‘West Coast Christian School’ ‘n tweede plek behaal.










