10 Medaljes vir Hoërskool Rob Ferreira atlete by SA’s
ADVERTISEMENT
Robbies wen 10 medaljes by SA’s
Die SA Skole nasionale atletiek kampioenskappe was vanjaar weer terug, na ‘n afwesigheid van twee jaar. Hoërskool Rob Ferreria het 14 atlete wat aan die byeenkoms deelgeneem het, en het altesame tien medaljes verower. Rob spog ook met drie nasionale kampioene Daar is ook dertien posisies onder die top 10 deur Robbie atlete behaal.
Sheppard Khoza mag dalk die kortste deenemer by die S15 driesprong finaal gewees het, maar hy het met sy laaste poging tot in posisie nommer een gespring. Hy was aangewys as die nasionale kampioen, en was oorstelp van vreugde saam sy afrigter Maurice Mathabela. Prosper Masinga en Siyabonga Masina het die eerste twee bene in die S17 Medley aflos gehardloop, en Mpumalanga ‘n goeie voorsprong gegee. Hul span het eerste oor die eindstreep gehardloop vir goud. Prosper was ook algeheel vierde in die S17 se 100m finaal, en Siyabonga agste in die S17 se 200m finaal.
Caitlin Dehrman het ‘n persoonlike beste hoogte van 1,70m behaal om die brons medalje te verower by die D17 hoogspring finaal. Dylan Musarurwa het ook brons verower in die S17 driesprong finaal. Prosper en Siyabonga het saam met nog ‘n Robbie atleet, Thando Mokoena hul seisoen kombinasie in die 4x100m aflos hervat vir die finaal. Die vierde lid wat saam hulle gehardloop het was Mathew Goldswain. Die viertal het die silwer medalje verower en was geklop deur die span van Gauteng.
Dit was ‘n baie goeie atletiek seisoen met baie hoogtepunte, maar die prestasies by SA’s het ons verwagtinge oortref. Die ASA jeug kampionskappe vind in die laaste week van die skool vakansie plaas in Potchefstroom. Rob het ook twaalf atlete wat gekwalifiseer het om daar te gaan deelneem, en ons hoop om nog meer top prestasies daar te behaal.
![]()
Robbie atlete prestasies by SA’s 2022
- Sheppard Khoza – Goue medalje in S15 driesprong en 8ste in S15 verspring
- Prosper Masinga – Goue medlaje in S17 se medley aflos, silwer medalje in S17 se 4 x 100m aflos, 4de plek in S17 se 100m en 9de plek in S17 se 200m Siyabonga Masina – Goue medalje in S17 se medley aflos, silwer medalje in S17 se 4 x 100m aflos en 8ste plek in S17 se 200m
- Thando Mokoena – silwer medalje in S17 se 4 x 100m aflos
- Sinenhlanhla Dhlamini – Brons medalje in S15 se 4 x 100m aflos, seimi finaal in S15 se 100m en 200m
- Dylan Musarurwa – Brons medalje S17 driesprong
- Caitlin Dehrman – Brons medalje in D17 hoogspring
- Marloux Breytenbach – 6de in S19 hamergooi
- Tumiso Letsoalo – 6de in S15 se 300m hekkies
- Erin Merensky – 6de in D17 driesprong
- Nsovo Ntlemo – 6de in D15 driesprong
- Phillibande Sibiya – 8ste in S19 se 100m en 8ste in S19 se 200m
- Olwethu Bayisa – 13de in D15 se driesprong
- Lizwe Makhumane – Semi finaal in S15 se 100m hekkies
Prosper en Siya
Robbie atletiek afrigters wat atlete opgelewer het vir SA skole kampioenskappe
- Maurice Mathabela, Nadine du Preez, Corne Botha, Wimpie Greyling, Hermie de Coning, Jandre Vrekken, Nick Maartins, Natanja du Toit, Gerhard du Toit, Kayla Olivier en Stefan vd Merwe
Robbie afrigters wat Mpumalanga provinsie verteenwoordig
- ASA Jeug kampioenskappe – Potchefstroom
- Maurice Mathabela – Afrigter/spanbestuurder
- ASA aflos kampioenskappe – Nelspruit
- Stefan vd Merwe – Keurder/Hoof afrigter










