Witteberg se eerstespan seunshokkie-kaptein gesels…
ADVERTISEMENT
Witteberg se eerstespan seunshokkie-kaptein: Franco de Boer
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?
Ons hoogtepunt sover was om baie goed te doen op ons toer.
Hoe motiveer jy jou span?
Ek motiveer die span deur hulle te kry om hulle koppe heeltyd op te hou en deur vir hulle te sê hulle moet hulle beste doen.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?
Ons onderkapteine is Letlotlo Maphike en Gerhard Viljoen. Beide hierdie spelers ondersteun my daarin om die span gemotiveerd te hou en om kommunikasie tydens wedstryde te bevorder.
Hoe is die samestelling van die span vir Saterdag? Enige beserings?
Ons het gelukkig geen beserings nie.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
As `n span wil ons deurdring tot by Vrystaatbeker. Dit sal my trots maak om te sien dat elke speler hulle beste op die veld gee.










