Witteberg se eerstespan rugbykaptein gesels
ADVERTISEMENT
Witteberg Eerstespan rugbykaptein: Wayne Matthysen
Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver en wat is die hoogtepunt van jou span se seisoen sover?
Die hoogtepunt punt van my rugbyloopbaan is om die span vir die eerste keer met die rooi trui te lei. Ons hoogtepunt was om die Maurits Hansen Rugbyweek te wen.
Hoe motiveer jy jou span?
Ek lei deur voorbeeld en wanneer ons deur slegte tye gaan, sê ek vir hulle, hulle moet hulle koppe ophou en jou hart op die veld los.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?
Bradley Luiters, hy behou die kommunikasie in die agterlyn. Tiaan Naudé, kaptein van die lynstane.
Hoe is die samestelling van die span vir Saterdag? Enige beserings?
Monré van der Nest en Pelser beplan nie groot veranderinge aan die span nie. Die pak voorspelers is nie te swaar nie en gevolglik baie beweeglik. Die agterlynspelers is gereed vir aksie en gaan sorg vir groot opwinding onder die toeskouers. Tans is dit net ek wat beseer is.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
As span wil ons al drie bekers lig aan die einde van die seisoen. Dit sal my baie trots maak om in my laaste jaar van rugby, nie net saam my span nie, maar my broers in die derby te kan speel.










