Welkom Volkskool netbalspelers blink uit
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Sabrina Knoesen en Thatohatsi Ramatsebe leerders van Welkom Volkskool wat opgeneem is in die onderskeie Vrystaat netbalspanne. Ons Volkies is trots op julle.
Om jou provinsie te verteenwoordig is ‘n besondere eer en getuig van die talent en toewyding wat Sabrina en Thatohatsi deur die seisoen getoon het. Julle is ware ambassadeurs van Welkom Volkskool en dien as inspirasie vir mede-leerders om altyd hul beste te gee.










