Uitstekende uitslae vir Hoërskool Rustenburg karateka
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan dié twee Hoërskool Rustenburg karateka wat aan die Tskkia All Style Nationals vanaf 21-23 Okt. 2022, deelgeneem het en uitsonderlike prestasies behaal het! Makayla du Plessis, gr.8, ontvang nasionale kleure en het die volgende prestasies behaal:
- 1ste plek – Unison Kata
- 1ste plek – Swaard Kumite
- 2de plek – Swaard Kata
- 2de plek – Bow Kata
- 3de Plek – Karate Kata
Mia Münch gr.9 behaal die volgende prestasies:
- 2de plek – Bo Kata
- 4de plek – Kata
- 3de plek – Kumite veg
Ons is Rustie-trots op hierdie twee leerders!

Makayla

Mia Münch









