Top toekennings vir HS Parel Vallei tydens ATKV-streeksfinaal
ADVERTISEMENT
Parel Vallei se DIE SUSTERSKAP het tydens die tweede Wes-Kaapse streeksfinaal van ATKV-Tienertoneel 2022 ‘n algehele derde plek behaal en Talia Roux in graad 12 is weereens as die beste aktrise in ‘n hoofrol aangewys vir haar vertolking van “Nadia.” Talia het ook hierdie gesogte toekenning gewen tydens die eerste Wes-Kaapse streeksfinaal. ‘n Uitsonderlike prestasie en welverdiende erkenning vir hierdie veelsydige aktrise wat in 2022 ook een van ATKV-DigiToneel se top agt finaliste is.
DIE SUSTERSKAP het verder nominasies ontvang vir Beste Hantering van Tegniese Aspekte (Christine Cockett, Maya van Eyssen, Peter-Ian Mitrovich en Weylin Volschenck), Beste Aktrise in ‘n Ondersteunende Rol (Doline Havinga as Inge), Beste Ensemble en Beste Regisseur, Darryl Spijkers. Hierie produksie is reeds na afloop van hulle eerste optrede beloon met 22 goud, twee silwer en twee brons toekennings.
![]()
mAaNmAaTs se kleurvolle en hoopvolle reis van kleuterskool tot tienerjare het die gehoor en beoordelaars se harte gewen en so ook die toekenning vir Beste Ensemble. Paul Strydom in graad 11 is aangewys as die beste akteur in ‘n hoofrol. Verdere nominiasies vir mAaNmAaTs sluit in: Beste Akteur in ‘n Ondersteunende Rol (Aden Gardiner), Beste Klankoperateur (Shannon Roelf) en Beste Hantering van Tegniese Aspekte (Christine Cockett, Tishal Prag, Ella Pennikhof, Gabriella Lopes en Shannon Roelf). Die produksie het 41 goud en vier silwer toekennings ontvang na afloop van hulle eerste optrede. DIE SUSTERSKAP en mAaNmAaTs het intussen deurgedring na die landswye finaal van ATKV-Tienertoneel 2022 tussen 3 en 8 Oktober by die Kunstekaap teater in die Kaap.
![]()










