[Swartland VS Hugenote] Hoërskool Swartland o.19A seunshokkiespan
ADVERTISEMENT
Kom ondersteun die eerstespan Vrydag 18 en Saterdag 19 Augustus:
AWSUM het met hul afrigter Petro Pienaar, gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by die Interskole te wagte wees van julle span? ‘n Span wat speel met trots vir die wapen op hulle bors en vertroue op mekaar. Hulle het hard gewerk en moes hard leer dat ‘n grootliks “nuwe span” meer moet insit om iets te bereik. Ek glo hulle sal alles op die veld los tot eer van hulle skool en ouers en tot verheerliking van Sy Naam.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Baie nuwelinge bied die voordeel van onbekende spelers, maar ek dink ons krag lê in saam-staan, vertroue en spelers wat bymekaar leer en kan aanpas ipv leiers en volgelinge.
Hier is die o.19A seunshokkiespan vir Hoërskool Swartland:
Aiden Cupido
Anrich Cloete
Carlo van der Merwe
CJ van Aarde
Cobus Steyn (OK)
De Wet du Plessis
De Wet Erasmus
Inus Groenewald
Jan-Paul Bester (K)
Juriaan Schreuder
Noah Hendricks
Ruan Lesch
Stephan Malherbe
Wian-Cotter










