[Swartland VS Hugenote] o.19A Rugbykaptein gesels
ADVERTISEMENT
AWSUM het met Hunter Grobler, o.19A rugbykaptein van Swartland gesels oor Interskole.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.
Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver? Ek sal definitief sê Cravenweek 2023, dit was verseker iets om te beleef.
Hoe motiveer jy jou span? Ek herinner my spanmaats baie, om te onthou waarvoor hulle speel en wat dit vir hulle beteken.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by? Mighael Oberholzer is ons onderkaptein en hy is nie een wat baie praat nie maar hy lei definitief met sy voorbeeld, hy speel n groot rol in die span en is ‘n uitstekende speler.
Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit? Ek dink interskole is definitief ‘n hoogtepunt vir almal, en iets waarnatoe ons al heel jaar op bou
Wie is jou gunsteling Springbok rugbyspeler en hoekom? Ek sal sê Cheslin Kolbe, hy is ‘n goeie voorbeeld van maak nie saak wie teen jou staan, as jy jou kop neersit en werk, kan jy enige iets bereik
Wat is jou planne vir die toekoms? Ek wil graag aangaan met rugby volgende jaar en gelyktydig sportwetenskap studeer.









