Paul Roos Gimnasium se maroenmasjien wen hul bure in hokkie en rugby
ADVERTISEMENT
Paul Roos Gimnasium het ʼn goeie naweek teen hul Paarl bure beleef deur gemaklik die rugby en hokkie se hoofwedstryde teen Hoër Jongenskool Paarl te wen. Die hokkie is Vrydagaand voor ʼn groot gehoor gespeel en dit was die maroenmasjien wat van die staanspoor die oorhand gehad het. Dié 19A-span onder leiding van die nuwe direkteur van hokkie Michael Baker kon daarin slaag om 4-0 te wen.











