AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About Us
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About Us
  • Hoërskool Eldoraigne karateka verteenwoordig SA op die Internasionale verhoog

  • Female entrepreneur inform Durban North College learners about leadership

  • Clifton School Prep boys completed the graded music examinations

  • Hoërskool Zwartkop lanlopers hardloop NWU aan die brand

  • Danville Park Girls’ High School learners were treated to a wonderful production


HelderbergPaul Roos GimnasiumRegional NewsWestern Cape
Home›Regional News›Western Cape›Helderberg›Paul Roos Gimnasium en US Drama bied aan: The Addams Family – die Musiekblyspel

Paul Roos Gimnasium en US Drama bied aan: The Addams Family – die Musiekblyspel

By Karien Frans
22nd May 2023
556
0

ADVERTISEMENT


Share:

Paul Roos Musiekdepartement en Universiteit Stellenbosch Drama Departement span kragte saam vir die eerste keer. Paul Roos Gimnasium is nie nét bekend vir sy sport en akademiese prestasies nie. Die skool spog met indrukwekkkende jaarlikse kulturele aanbiedings wat talentvolle seuns die geleentheid bied om hul vaardighede op die verhoog of agter die skerms te slyp. Die populêre PRG Musiekfees is maar een voorbeeld van ‘n kulturele aangeleentheid wat as hoogtepunt in vele Stellenbossers se sosiale kalender geag word. Buiten gereelde musiekkonserte, skroom Paul Roos se musiekdepartement nie om bekende musiekblyspelle aan te pak nie. Hul mees onlangse musiekblyspel was “The Little Shop of Horrors” wat musiekliefhebbers en -teaterkenners diep beïndruk het. In 2023 sien Paul Roos Gimnasium veral uit na hul samewerking met die Universiteit van Stellenbosch se Dramadepartement.

Vir die eerste keer in die geskiedenis van Paul Roos en US Drama, sal dié sekondêre en tersiêre instellings saam ‘n projek aanpak. Dit sal die eerste grootskaalse musiekblyspel wees wat in die nuut-opgegradeerde Adam Small Teater opgevoer word. Die samewerking maak dit vir Paul Roos leerders moontlik om die verhoog met dramastudente te deel, direksie van ‘n professionele akteur/regisseur én vervaardiger (onder die wakende hand van professionele tegnici) te ontvang.  Paul Roos se kreatiewes sien veral uit om in dié professionele ouditorium te kan optree waar hulle verseker is van indrukwekkende dekor, beligting en klank.

 

Teaterliefhebbers kan uitsien om weggevoer te word na die fassinerende wêreld van die Addams Family. Dié Amerikaans-gotiese gunsteling, soos ook onlangs aangevuur deur Netflix se populêre ‘Wednesday’, word beskou as ‘n wild-wonderlike, heerlik-verskriklike, magies-onheilspellende en chaotiese teatrale ervaring. In dié weergawe van “The Addams Family” – die Musiekblyspel – raak Wednesday verlief op ‘n jong man van ‘n gerespekteerde Ohio-familie. Hy dring daarop aan om by die Addams-familie te kom kuier.  Gomez Addams (Wednesday se vader) moet iets doen wat hy nog nooit voorheen gedoen het nie – hy moet ‘n groot geheim hou, en gevolglik die waarheid van sy geliefde vrou, Morticia, weerhou. Die aand ontvou soos dié twee uiteenlopende families mekaar vir aandete ontmoet. Die vertoning vind tussen 22 Augustus en 2 September by die Adam Small Teater plaas. Kaartjies kan alreeds by Quicket aangekoop word.  Studente sal die geleentheid geniet om op aangewese aande hulself in Addams Family-kostuums op te dos. Bes-geklede gehoorlede sal teaterkaartjies vir opkomende produksies by die Adam Small Teater losslaan.  Hoërskole word ook uitgenooi om by te woon. Vir meer inligting, besoek https://qkt.io/lBhzQG.

 

TagsDrama
Previous Article

Introducing Durban SPAR Women’s Challenge

Next Article

Hoërskool Ermelo-landbouleerders besoek JGS foods se fabriek

Share:

Related articles More from author

  • Dundee High SchoolKwazulu-NatalNorthern NatalRegional News

    Dundee High School Beauty and The Beast Director’s Message

    12th August 2024
    By Karien Frans
  • Durban and Durban NorthGlenashley Preparatory SchoolKwazulu-NatalRegional News

    Glenashley Preparatory School learner received full colours for performing arts

    19th July 2024
    By Karien Frans
  • Crawford International La LuciaDurban and Durban NorthKwazulu-NatalRegional News

    Crawford International La Lucia College learners showcase their talents

    26th May 2023
    By Karien Frans
  • Regional NewsSouthern SuburbsWestern CapeWynberg Girls' High School

    Wynberg Girls’ Highs School took part in the 2025 Shakespeare Schools Festival

    23rd June 2025
    By Linda
  • Eastern CapeLaerskool KabegaPort Elizabeth and SurroundsRegional News

    Laerskool Kabega leerder vaar uitstekend in uitvoerende kunste

    6th June 2023
    By Karien Frans
  • DF AkademieNorthern SuburbsRegional NewsWestern Cape

    Hoërskool DF Malan bied hul Revue 2024 aan

    27th May 2024
    By Karien Frans

  • Kwazulu-NatalMidlandsRegional NewsTreverton Prep and College

    Learners from Treverton College took on the Wagendrift Challenge

  • Kwazulu-NatalRegional NewsWestville Pinetown Hillcrest KloofWestville Senior Primary School

    Westville Senior Primary School Junior Majorette’s Team secured a gold medal

  • BloemfonteinFree StateHoërskool SentraalRegional News

    Hoërskool Sentraal leerder blink uit in karate

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

Some people call it school news. We call it awsum.

Africa’s premier school network offers a multi-tiered communication platform to schools that include: The AWSUM Newspaper, AWSUM App for Schools, the 24/7 school news website and AWSUM Clashes.

 

 

Our ‘awsumness’ includes: New technology and media, an income opportunity that will be your biggest source of income outside of school fees and a new perspective on school news on one of Africa’s fastest growing school news platforms

© 2025 Awsum News.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us