Parel Vallei hou naam hoog by 2022 sporttoere
ADVERTISEMENT
Parel Vallei Sporttoere
Parel Vallei se rugby-, netbal-, hokkie-, krieket-, tennis- en gholfspanne het al meer as 40 verskillende toere onderneem sedert die begin van 2022. Die spanne het teen van die beste skole in die land kompeterende toernooie gespeel, maar ook vriendskaplike wedstryde as deel van sportfeeste.

Die PV-gholfspan het o.a. aan die Affiestoernooi deelgeneem, die seuns- en dogtershokkiespanne aan St Stithians se Saints SportsFest in Johannesburg en die Tony Godding- en Greg Belling-feeste in Oos-Londen. Rugbyspanne het aan die Kwagga-week, Arthur Johnson- Sportweek, Oakdale Rugbyweek en Rolyn Bergsigtoernooi deelgeneem. Die o.18A-netbalspan was onoorwonne tydens die Paarl Girls’ High toernooi en die o.16A-span het die Rustenburg High-toernooi gewen.









