Op die AWSUM rusbank met Laerskool Brits se hoofdogter vir 2022
ADVERTISEMENT
Op die AWSUM rusbank met Laerskool Brits se hoofdogter: Leila Terblanche
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Ek is opgewonde om te leer om meer verantwoordelikheid te dra en om ander te help.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?
- Sterkpunt: ek is goed daarmee om dinge te beplan en organiseer.
- Swakpunt: ek kan soms ‘n bietjie oorhaastig wees om dinge gedoen te kry.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Ek is baie lief vir Laerskool Brits net soos dit is, maar dis ook goed om uit te brei en te bou op dit wat goed is. Byvoorbeeld, dit sal wonderlik wees as ons die kinders wat skool toe moet stap elke dag kan uithelp met ‘n privaat busdiens wat geborg word.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Ek geniet die sport en geleenthede soos Waterkaskenades en die jaarlikse Kermis wat altyd groot pret is.
Na watter hoërskool gaan jy in 2023? Ek is nog nie seker nie, ons sal sien wat die toekoms inhou.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? As ons elkeen ons bes doen, onsself is en mekaar 100% ondersteun weet ek ons gaan ‘n wenspan wees. Selfs al gaan dit soms moelik wees, moet ons nooit opgee nie – die son sal altyd more weer skyn!
Wie is jou rolmodel? My niggie Deninke.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Supergirl, want sy is goedhartig maar sy verdra ook nie nonsens van boelies nie.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry… saam met… by die huis saam met my gesin en ons 3 liewe hondjies.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Ek het nie regtig een nie
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Hokkie
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Warm sjokolade
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Braai saam met vriende
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? TV-reeks kyk
- Andriod of iOS? Android









