Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Vredenburg se hoofseun vir 2022
ADVERTISEMENT
Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Vredenburg se hoofseun: Thurnelle Jacobs
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Die goed wat ons leiers beplan het, om dit te bereik en om dit te geniet, soos die projekte, ens.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte? Ek sal sê my sterkpunte is dat ek uithouvermoë het en nie maklik opgee nie. My swakpunte is my kommunikasievaardighede wat ek moet verbeter.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Om meer leerders by skoolaktiwiteite te kry, sodat hulle nie net voel skool is skool nie maar eerder `n band vorm tussen mekaar.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Ek het altyd sportuitstappies na ander dorpe geniet. Dit was vir my lekker om te sien hoe skole in kompetisie is.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Wees kalm, moet nooit jou posisie as `n leier betwyfel nie. Jy is gekies vir `n rede en ek glo dat enige iets wat op jou pad kom, jy dit sal kan hanteer.
Wie is jou rolmodel? Quade Cooper, hy inspireer my baie omdat hy elke dag probeer om homself te verbeter bv. Deur vroeër opte staan, om te oefen al reën dit, maar om nogsteeds te gaan oefen om sy doelwitte te bereik.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Goku van Dragon ball Z, omdat hy altyd verby sy limiet gaan in terme van sterkte, maak nie saak wat nie.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… saam met… Op `n normale saterdag sal julle my by vriende kry op die skool se veld. Ons sal gewoonlik 10 of meer is net die Saterdag geniet met touch rugby.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Zendaya, ek hou van hoe passievol sy is en sy is baie talentvol.









