AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Volkskool vs Union Schools: Hoër Volkskool se A- hokkiedogtersspanne

  • Pure magic on stage with Assumption Convent School

  • Laerskool Kathu tennisspelers presteer uitstekend

  • Volkskool vs Union Schools: Union High School se A- hokkiedogtersspanne

  • Volkskool vs Union Schools: Hoër Volkskool se A- netbalspanne


Eastern CapeEastern Cape TownsHoër Volkskool Graaff-ReinetRegional News
Home›Regional News›Eastern Cape›[Onderhoude]-Hoër Volkskool Hokkiedogters Eerstespankaptein – Cara Nel

[Onderhoude]-Hoër Volkskool Hokkiedogters Eerstespankaptein – Cara Nel

By Karien Frans
3rd August 2026
44
0

ADVERTISEMENT


Share:

Ons gesels met die hokkiedogters eerstespankaptein van Hoër Volkskool Graaff– Reinet Cara Nel.  Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Union vs Volkskool hier. Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie.

Cara Nel

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Na die moeilike seisoen wat ons verlede jaar gehad het, het ons geweet ons moet van vooraf begin bou. Die voorseisoen het vir ons gewys dat sukses nie net op die veld begin nie, maar in die verhoudings wat jy buite die veld bou. Ons het doelbewus besluit om eers susters van mekaar te wees voordat ons spanmaats is. Dit het baie gehelp en die noue band wat ons nou het help verseker met enige wedstryd wat ons speel.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Ek dink ondersteuners gaan ‘n span sien wat met oorgawe speel. Ons is honger vir elke geleentheid om op die veld te wees, omdat ons weet hoe bevoorreg ons is. Ons speel ook vir iets groter as net vir onsself. Ons speel vir mekaar, vir Volkskool en vir daardie klein dogtertjie wat jare gelede besluit het om ‘n hokkiestok op te tel. As ons mense met ons passie en eenheid kan inspireer, is dit net so spesiaal soos enige oorwinning

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?  Voor elke wedstryd raak ek altyd stil. Ek was nog altyd iemand wat dinge eerder vir myself hou voor wedstryde. As span begin ons elke wedstryd met ‘n ‘praise en worship’ oomblik. Dit herinner ons dat alles wat ons het, van God af kom en dat ons sonder Hom nie vandag hier sou gewees het nie. Dit help my om rustig te raak en net weer te besef hoe bevoorreg ek is om hierdie geleentheid te hê. Elke keer as ek die veld opstap, is ek net dankbaar, vir die mense langs my, vir die voorreg om hierdie titel te dra en vir elke oomblik wat ek saam met my susters kan beleef.

Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons identiteit lê nie net in hoe ons speel nie, maar in wie ons is. Ons speel met passie, vertroue en opoffering, maar ons grootste krag is ons eenheid. Ek glo persoonlik dat ‘n sterk fondament jou baie ver in die lewe kan vat. Daarom was ons susterskap en ons verhouding met God van die begin af ons prioriteit, maar dan ook natuurlik om onsself te geniet.

Watter standaard het jy en jou span vir julleself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons grootste doel was om mense eerste en spelers tweede te wees. As jy elke wedstryd uitdraf met ‘n swaar hart dan gaan jy net nie jou ‘game’ kan speel nie. Wen is nie alles nie, maar om te groei en elke keer te streef om beter te wees is ‘n groter wen.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Daar is geen wedstryd soos Interskole nie. Dis nie net ‘n wedstryd nie, dis ‘n tradisie wat ons hele dorp saambring. Wanneer ons die maroen baadjies langs die Astro sien staan, besef ons ons speel vir elke speler wat jare terug gestaan het waar ons vandag staan. Vir my is hierdie Interskole ekstra spesiaal omdat dit my laaste een saam met Alecia Louw is. Ons het saam as Graad 9’s hierdie reis begin en vandag sluit ons hierdie hoofstuk af as kaptein en onderkaptein. Sy is nie net my onderkaptein nie; sy is my suster, en ek glo dat sonder haar sou ek nie een jaar gemaak het nie.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Ek dink Sarah van Eden gaan baie mense verras. Sy het ongelooflik gegroei sedert verlede jaar en haar selfvertroue en spel het geweldig ontwikkel. Ek wil ook Mienke Janse van Rensburg noem. Ek het ‘n baie sagte plek vir haar omdat ons ook al van Graad 9 af saam hierdie reis stap. Sy is een van daardie spelers wat so konstant goed is dat mense dit maklik as vanselfsprekend aanvaar. Sy verdien baie meer erkenning as wat sy kry, en ek hoop mense sien hierdie jaar hoe ongelooflik waardevol sy vir ons span is.

Wat leer hierdie sport by jou skool spelers wat verder gaan as net wat op die baan gebeur? Hokkie het my geleer dat karakter baie belangriker is as talent. Dit leer jou om nederig te wees, verantwoordelikheid te neem, ander eerste te stel en selfs in moeilike tye aan te hou glo. Dit is lesse wat ek my hele lewe saam met my sal dra.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? Ek wou nooit die kaptein wees wat net voor stap nie, ek wou die kaptein wees wat langs my span stap. Die titel is ‘n eer maar vir my beteken dit veel meer as net die leierskap posisie. Ek hoop dat die spelers wat agterbly my sal onthou as ‘n suster wat hulle bygekry het en, en wat met my dade gelei het eerder as my woorde.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Dat die regtig n besonderse groep meisies is wat hulle alles gegee het, wen of verloor. Ek hoop hulle sien die harde werk wat ons ingesit het en nie net die telbord nie.

TagsUnion vs Volkskool
Previous Article

[Onderhoude]- Hoërskool Durbanville Hokkieseuns Eerstespankaptein – Sven ...

Next Article

[Interview] Union High School – First team ...

Share:

Related articles More from author

  • Eastern CapeEastern Cape TownsRegional NewsUnion High School

    [Interview] Union High School – First team rugby captain – Yaaseen Kazi

    3rd August 2026
    By Karien Frans
  • Kwazulu-NatalMidlandsRegional NewsSt Charles College

    Earth Day celebrated at St Charles College

    24th April 2023
    By Karien Frans
  • BolandPaarl Boys' PrimaryRegional NewsWestern Cape

    Paarl Primêre Seunskool leerders skitter in muurbal

    14th September 2023
    By Andreneza Damonse
  • Hoërskool SwartlandRegional NewsSwartland and West CoastWestern Cape

    Hoërskool Swartland leerder verwerf SA Kleure in karate

    3rd June 2025
    By Andreneza Damonse
  • Free StateLaerskool Truida KestellNorthern and Eastern Free StateRegional News

    Laerskool Truida Kestell leerder leerder wen die Round Robin Masters

    8th December 2025
    By Karien Frans
  • HelderbergHoërskool Parel ValleiRegional NewsWestern Cape

    Hoërskool Parel Vallei Kultuurprysuitdeling 2024

    22nd November 2024
    By Karien Frans

  • Greyton House Village SchoolOverbergRegional NewsWestern Cape

    Greyton House excited to start of the new academic year

  • CenturionGauteng PretoriaLaerskool HennopsparkRegional News

    Laerskool Hennopspark jong wetenskaplikes gereed om hul idees met die wêreld te deel

  • East London and SurroundsEastern CapeRegional NewsStirling High School

    External sport achievement from Stirling High School

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

AWSUM News is South Africa’s largest school news platform. Since 2013 we’ve published every school’s story — academics, sport, culture and leadership — connecting 4 000+ schools with the families who read them daily.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us