[Onderhoud] Micha Bakkes: o.13A Dogtershokkie Kaptein van Kleingim en hulle afrigters
ADVERTISEMENT
AWSUM het gesels met Micha Bakkes, Kleingim se o.13A Dogtershokkie Kaptein en Adéle Grobbelaar en Izelle Lategan, afrigters van die span.
Micha Bakkes:
Watter posisie speel jy?
Senter link.
Hoe was julle seisoen hierdie jaar?
Ons seisoen was baie goed. Ons het nog nie `n wedstryd verloor nie en ek ons speel goeie en ordentlike hokkie.
Watter wedstryd sien julle die meeste na uit die seisoen en hoekom?
Ek is nie seker of ons hierdie wedstryd gaan speel nie, maar ek wil baie graag teen Laër Meisieskool Oranje speel, want hulle skool se hokkie is baie goed en ek dink dit sal `n lekker span wees om teen te speel en `n goeie wedstryd wees om te kyk.
Wat is die lekkerste aspek van o.13A hokkie?
Daar is altyd baie mense wat vir jou kyk en dis `n lekker gevoel om te weet dat jou span is Laerskool Paarl Gimnasium se dogtershokkiespan en dat jy op die veld kan staan en jou skool kan verteenwoordig.
Wat maak jou skool spesiaal vir jou?
Ek hou vreeslik baie van Gim se gees en passie. Dis `n vreeslike lekker skool en almal is altyd opgewonde oor enige opkomende sportwedstryde of byeenkomste. Almal geniet die sport en daar is altyd so baie “fight” in almal wat deelneem.
Adéle Grobbelaar en Izelle Lategan:
Wat kan die skool en ouers hierdie interskole van julle span te wagte wees?
Interskole is beslis anders as ander wedstryde, veral omdat ons vir twee jaar geen Interskole gehad het nie. Die graad 7’s se laaste Interskole was toe hul o.10 gespeel het, daarom is hulle baie opgewonde om weer te kan speel en hul skool te verteenwoordig.
Waar sou julle sê lê julle krag hierdie jaar?
Hierdie span speel absoluut vir mekaar, vir hul skool en speel as ‘n span saam en geniet elke oomblik in die wedstryd wat hul speel.
Wat is die moeilikste aspek van n skole afrigter se taak?
In die laerskool word kinders aangemoedig om aan alle sporte deel te neem – dus moet jy soms hul fokus skuif van een sport na ‘n volgende en daarom moet die spelers maar altyd goed bestuur word. Ons sien saam met ons span uit na Interskole 2022 – mag dit een wees wat ons altyd sal onthou!










