[Onderhoud] Ryan Folscher: o.13A Seunshokkie Kaptein van Kleingim en hulle afrigters
ADVERTISEMENT
AWSUM het gesels met Ryan Folscher, Kleingim se o.13A Seunshokkie Kaptein en Estine Hugo en Carli Rheeder, afrigters van die o.13A seunshokkiespan.
Ryan Folscher:
Watter posisie speel jy?
Links Agter.
Hoe was julle seisoen hierdie jaar?
Ons het baie geleer sover, van aanhou en uithou en hoe om hokkie te geniet!
Watter skool is/was julle moeilikste wedstryd?
Laerskool Bastion was nogal moeilik.
Watter wedstryd sien julle die meeste na uit en hoekom?
Definitief Interskole teen Klein Bois. Ek glo dit gaan `n goeie wedstryd wees. Ons werk al die hele jaar daarvoor en ons sien baie daarna uit.
Wat is die lekkerste aspek van o.13A hokkie?
Verseker die spangees en die eer om o.13A-span te kan speel! Ons Suid-Kaap toer was `n hoogtepunt!
Wat maak jou skool spesiaal vir jou?
Die gees, ondersteuning en Gimmie-guts maak die skool baie spesiaal vir my (Net `n Gimmie sal verstaan!)
Estine Hugo en Carli Rheeder:
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span?
Dat hulle nie sal opgee nie.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons krag lê defnitief in ons spanwerk.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Om `n goeie balans tussen akademie, sosiaal en sport in `n baie besige program te handhaaf.
Kom ondersteun die o.13A hokkieseuns 26 Julie, 19:00 by PPS se A-veld.










