[Onderhoud] Hoërskool Outeniqua Dogtershokkie Eerstespankaptein – Mia Buxmann
ADVERTISEMENT
Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Hoërskool Outeniqua en HTS Drostdy hier.Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie.
AWSUM het die geleentheid gehad om met Mia Buxmann , Dogtershokkie Eerstespankaptein van Hoërskool Outeniqua te praat oor hul voorbereiding, sterkpunte en vooruitsigte vir die seisoen..
Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar? Ek sal definitief sê ons sterkpunte is dat ons hierdie jaar op die voorvoet afgeskop het, want ons struktuur van ons span is bekend aan ons, ons ken mekaar se spel en hoe elke speler op die veld dink, baie goed, want ons speel al vir n lang periode saam. Ons span is soos ‘n familie, ons ken mekaar se sterk- en swakpunte en die beste manier om daarop te reageer.
Wat beteken dit vir jou om die skool se eerste hokkiespan te lei? Dit is baie spesiaal om my skool se eerste hokkiespan te lei want ek is passievol oor hokkie. My passie wil ek gebruik om my span te inspireer en te help om hul volle potensiaal te bereik. Ek het al twee jaar se ervaring in die span, en dit voel vir my soos ‘n tweede huis. In hierdie afgelope 2 jaar het ek nie net my hokkievaardighede verbeter nie, maar ook as mens gegroei.. Ek glo ek kan ‘n verskil maak deur nie net tegniese vaardighede oor te dra nie, maar ook om die span te help bou as n groep meisies wat mekaar met liefde en begrip ondersteun.
Het jul skool `n groot hokkiekultuur en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou? Wen is belangrik, maar die reis en herinneringe dalk belangriker.
Wat wil julle as `n span in 2025 bereik? Outeniqua Hokkiemeisies wil goeie hokkie speel!

Mia Buxmann
Ons het ook met die afrigter van dié span, (Niel Smit) gesels:
Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag? Ons gemeenskap kan ‘n span verwag wat met hart, dissipline en toewyding speel. Hierdie groep spelers het gewys dat hulle bereid is om hard te werk, vir mekaar op te staan en elke geleentheid aan te gryp. Die span gaan nie net op daardie veld wees om te kompeteer nie – hulle gaan speel met trots, respek en die gees van ware sportmanskap. Ons gaan alles gee, van die eerste fluit tot die laaste sekonde.
Hoe berei julle span in die week tot aanloop van Interskole voor? (physically and mentally)
Fisies:
- Ons hou oefeninge gefokus en intens – baie spelspesifiek en strategies.
- Ons fynkam situasies soos “short-corners”, verdediging en die manier hoe ons wil anval.
Mentaal:
- Elke speler kry ruimte om te visualiseer, om hul rol te verstaan en hul selfvertroue te bou.
- As span praat ons oor spanwaardes en fokus op eenheid eerder as druk.
- Ons skep ‘n positiewe atmosfeer met spanaktiwiteite, motiverende praatjies en herinneringe aan hoeveel ons gegroei het.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ek sou sê dat ons “passing” game ’n area is wat ons hard op fokus, maar die manier hoe die span saam speel is ons grootste krag.
Wie het die grootste invloed op jou as afrigter in jou lewe al gehad? Ek is bevoorreg om inspirasie uit baie mense te kon put, maar die grootste invloed was waarskynlik my eie hoërskoolafrigter. Nie net oor hul kennis van die spel nie, maar oor hoe hulle mense behandel het – met respek, passie en hoë standaarde. Hulle het my geleer dat afrigting nie net gaan oor tegniek en taktiek nie, maar oor mense. Ek probeer dieselfde nalatenskap uitdra.
Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle op die baan/veld hardloop? Tree vandag met trots op daardie veld. Speel vir mekaar. Speel met hart. Speel met die vuur van elke oomblik wat julle tot hier gebring het. En wanneer die eindfluitjie blaas, wen of verloor, loop af met koppe omhoog, want julle het alles gegee. Geen spyt nie. Net trots.









