Ligbron Akademie vir Tegnologie sewes maak skoonskip
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie se o.17 A sewes rugbyspan het vir die tweede agtereenvolgende keer koning gekraai op die rugbyveld. In die Impi Visser Toernooi wat by EHS plaasgevind het, het hulle vier uit hul vyf wedstryde oortuigend gewen. Die feit dat hulle in die half-eindstryd teen Ligbron se o.17B span gespeel het is bewys dat hulle die dag gedomineer het. Hul grootste opponent was Middelburg Hoërskool vir wie hulle in die eindstryd met 19 -12 verslaan het. Dis duidelik dat hul deelname in die Noordvaal Plaatafdeling, waar hulle teen formidabele stadsskole moes kompeteer, hul goed voorberei het vir die sewesseisoen. Die o.15 A span het tweede in die toernooi geëindig. In die halfeindstryd het hulle HTS Middelburg met 21 – 19 gewen. Die eindstryd was soos die halfeindstryd ‘n naelbyt wedstryd wat hulle 26 – 28 verloor het.
Die vertoning was ‘n herhaling van hul sukses die vorige naweek toe die o.17A span as Mpumalanga Kampioene aangewys is tydens die Agricol Mpumalanga Sewes Kampioenskappe. Tydens hierdie kampioenskappe het die o.15A span ook tweede geëindig.
![]()










