Ligbron Akademie vir Tegnologie landsdiens op pad na nasionale kamp
ADVERTISEMENT
26 van Ligbron Akademie vir Tegnologie se landsdiensleerders het die afgelope vakansie die provinsiale landsdienskamp bygewoon wat van 2 – 6 Julie by Nkambeni naby Hazyview aangebied is.322 leerders van 11 verskillende skole het die kamp bygewoon. Hierdie leerders het almal meegeding om ‘n plek vir die nasionale kamp.Op die kamp het die leerders aan ‘n verskeidenheid aktiwiteite deelgeneem om die vier Liefdes van Landsdiens (Liefde vir God, Arbeid, ons Medemens en die Natuur) uit te leef. Na afloop van die kamp is ses van Ligbron se leerders gekies om die nasionale kamp later vanjaar by te woon. Een leerder is as reserwe gekies.
Van Links na Regs – Lonwabo Ntombela, Janco Pieters (reserwe), Bianca Breytenbach, Milton Malinga, Janine Potgieter, Uluthando Dladla.Afwesig: Usemhle Tugwane










