Laerskool Worcester-Oos vs Laerskool Wynland krieket uitslae
ADVERTISEMENT
Die o. 11B-krieketspan het gister teen Laerskool Wynland kragte gemeet. Ons kolf eerste en teken 86 lopies aan in ons 20 beurte. Laerskool Wynland kolf tweede en teken slegs 79 lopies aan in hul 20 beurte. Laerskool Worcester-Oos wen die wedstryd met 7 lopies.
Beste boulers: Ruan Bester en Christiaan Botes wat elk 2 paaltjies neem.
Dit was ‘n opwindende wedstryd om die seisoen af te sluit!










