Laerskool Vredendal neem deel aan die Kobus Wiese Super Series Toernooi
ADVERTISEMENT
32 Rugbyspanne en 44 Netbalspanne vanuit alle provinsies in ons land en selfs Namibië, het hierdie jaar se Kobus Wiese Super Series die grootste een nóg gemaak. Dankie Laerskool Noord-Eind vir ‘n ongelooflik puik georganiseerde toernooi. Beslis dié beste o.13-toernooi in die land!
Laerskool Vredendal o.13-rugbyspan eindig in die algehele 4de plek uit 32 spanne. Ons o.13-netbalspan eindig in die algehele 14de plek uit 44 spanne.
Tydens die toernooi @Hoër Landbouskool Boland word die volgende spelers as Speler van die wedstryd beloon vir hulle uitsonderlike spel.
Rugby:
- Geo Klein (vs Fichardtpark)
- Ashton Fetu (vs Beaumont)
- Lyle Stewe (vs Kathu)
Netbal:
- Miné von Solms (3 wedstryde)
- Niané Lans (2 wedstryde)
- Ava Isaacks (1 wedstryd)
Baie geluk aan elke speler met hierdie mooi prestasies. Ons is ongelooflik trots op al ons spelers. Op en van die veld/baan het ons vriende gemaak en ons harte uit gespeel. Vanaf die noorde tot die suide, wéét almal beslis nou wie Laerskool Vredendal is! Baie dankie aan elke borg, elke ouer en elke ondersteuner wat dit jaarliks vir ons moontlik maak om aan hierdie finonimale sporttoernooi deel te neem.












