Laerskool Vorentoe Laser Run-span was 2024 se algehele wenner
ADVERTISEMENT
Laerskool Vorentoe se Laser Run-span was 2024 se algehele wenner van die Mosselbaai Sportsraad se Klub/Skoolspan van die Jaar! Dit is ‘n groot prestasie en ons is baie trots op hierdie leerders wat al die harde werk ingesit het, om hierdie wonderlike mylpaal te kon behaal. Minay Botha (graad 7) is ook aangewys as die naasbeste Laerskole Sportsvrou van die Jaar. Baie geluk met hierdie besonderse prestasie.
Agter: Justine Imbrialo, Owen Balsdon, Zivan de Klerk, Elial Vaas, Adriaan de Villiers, Talitha van der Vyver Middel: Jaydee Jansen, Liam Nel, Denise Nel, Ruben Marx, Hanja Gildenhuys, Kayla Human Voor: Luca Vermeulen, Sian Potgieter, Minay Botha, Ava Vermeulen, Nicolas Human Pieter Marx, Ulrich van Hirtum
Minay Botha
Luca Vermeulen (graad 4) is opgeneem in die SA SPAN om die Federasie SAMPA te gaan verteenwoordig in beide Laser Run en Triathle. Hulle gaan aan die Wêreldkampioenskappe in Egipte deelneem.
Luca Vermeulen










