Laerskool Randhart Pom-poms beïndruk
ADVERTISEMENT
Ons pom-pom-meisies het die gehoor behoorlik beïndruk tydens die FDDCMSA-kompetisie en letterlik hulle asem weggeslaan met hul energie, fyn afwerking en spangees. Hulle het met trots ’n merkwaardige derde plek behaal. Dit is ’n fantastiese begin vir wat beslis ’n baie belowende seisoen gaan wees. Laerskool Randhart is trots op elkeen van julle. Mag hierdie prestasie net die begin wees van nog baie hoogtepunte wat voorlê!










