Laerskool M.L. Fick se o.13A en o.9A rugbyspanne uitslae
ADVERTISEMENT
Laerskool M.L. Fick se o.13A en o.9A rugbyspanne het beide deurgedring na die rugby semi-finaal, wat plaasgevind het op 28 Mei teen Laerskool Brits. Ongelukkig het die eerstespan vasgeval teen hul opponente, maar die o.9s kon daarin slaag om met ‘n oorwinning van 17-5 teen Laerskool Brits deur te dring na die finale. Dié titaniese stryd vind plaas op 4 Junie op Olënpark teen Laerskool Meiringspark.

Laerskool M.L. Fick Rugby o.9A

Laerskool M.L. Fick Rugby o.13A








