Laerskool Lochnerhof is ongelooflik trots op hul netbalspelers
ADVERTISEMENT
Laerskool Lochnerhof is ongelooflik trots op vier van ons netbalspelers wat onlangs hul Kaapstad kleure in netbal verwerf het: Zara Brinkhuis, Jaime Sprong, Lea Coetzee en Miemie Spies. Hierdie talentvolle spelers is opgeneem in die span wat die Wes-Kaap Interdistrik Toernooi gedurende die Julievakansie sal meemaak. Verder het ons o.12A-span uitstekende spel gelewer en die Helderberg Netballiga gewen en vyde in die Wes-Kaap geëindig.

Voor van links: Anlo Combrinck, Jaime Sprong, Miemie Spies Agter van links: Annemie Raath, Grace Young, Zara Brinkhuis, Amelia Rüster, Mika Koekemoer, Lea Coetzee, Livia van Wyk, Lana vd Merw









