Laerskool Hendrik Louw tennisspeler gekies vir die SA span
ADVERTISEMENT
Linja Erasmusvan Laerskool Hendrik Louw is vir die Suid-Afrikaanse o.12-tennisspan gekies wat van 11 tot 15 Augustus in Maputo, Mosambiek, aan die World Tennis/CAT Southern African Junior Teams’ Competition gaan deelneem.
Die span bestaan uit slegs drie spelers, wat hierdie prestasie besonder uitsonderlik maak. Gedurende die afgelope vakansie het Linja ook aan drie internasionale toernooie in Frankryk en Kroasië deelgeneem. By een van die toernooie moes sy eers deur die kwalifiserende rondes speel om ‘n plek in die hoofloting te verseker.
Sy het daarin geslaag, die eindstryd gehaal en as naaswenner geëindig. Dit is ‘n uitsonderlike prestasie en die resultaat van ure se harde werk en toewyding. Ons is ongelooflik trots op jou, Linja! Ons wens jou alle sterkte toe vir die komende internasionale spanbyeenkoms.












