Laerskool George-Suid skaakspelers maak al die regte skuiwe
ADVERTISEMENT
Op Saterdag, 14 Maart 2026, het 29 leerders by die Eden Skaakproewe 1 by Carpé Diem Skool hul staal gewys!
17 leerders het onder die Top 15 van hul ouderdomsgroep geëindig en is vir die Eden-span gekies, wat op 16 & 17 Mei aan die Wes-Kaap Skole Individuele Skaakkampioenskappe in Gansbaai gaan deelneem. Baie geluk en sterkte aan Laerskool George-Suid se talentvolle spelers!











