Laerskool Durbanville o.13A-seunstennisspan is Wes-Kaap kampioene
ADVERTISEMENT
Laerskool Durbanville o.13A-seunstennisspan het op 11 Oktober aan die Rising Star toernooi deelgeneem, aangebied deur Tennis Suid-Afrika (TSA), waar hulle die WP verteenwoordig het. Hierdie byeenkoms het ten doel gehad om die Wes-Kaapse kampioen aan te wys wat later in Oktober aan die nasionale toernooi in Pretoria sal deelneem.Ons span het teen al die streekwenners van die Wes-Kaap meegeding en elke wedstryd gewen. As gevolg hiervan is hulle as Wes-Kaap kampioene gekroon. Hierdie is ’n uitsonderlike prestasie waarop ons uiters trots is.










