Laerskool Bosveld Primary verwelkom nuwe personeel vir 2024
ADVERTISEMENT
Welkom by die Laerskool Bosveld Primary-familie! Vanjaar het daar 4 nuwe leerkragte by Bosveld aangesluit en die Bossies glo en vertrou jul sal sommer baie gelukkig wees!
- Lanie Jv Vuuren:Graad RR: Lanie verwerf haar graad by UNISA in 2015 en kleuter-onderrig is haar passie.
- Leandri Stoltz is ‘n oud-Tukkie en vang graad in 2021. Sy is baie opgewonde om by die graad 3’s aan te sluit.
- Elske Hanekom verwerf haar graad in 2020 by UNISA en is baie gretig om 2024 se graad 5’s touwys te maak in Afrikaans.
- Die jongste toevoeging tot die Tale Departement (Afrikaans gr.4) is Janke Harris wat aan die einde van 2023 haar studies voltooi het by die NWU Pukke.
Baie welkom aan hierdie 4 dames!













