Laer Volkskool swemuitslae
ADVERTISEMENT
Franco Wolfaardt het die afgelope naweek aan sy eerste C-groep gala te Port-Elizabeth deelgeneem. Hy het twee derde plekke behaal. Welgedaan, Franco. Trots op jou!
![]()
JJ van Schalkwyk, Annabelle Kruger, Naude van der Merwe en Zenicke van Schalkwyk het vanaf 15 tot18 Desember 2023 aan die Nelson Mandela Bay Championships te Port Elizabeth deelgeneem. JJ het twee silwer medaljes en ‘n brons ontvang. Zenicke ontvang ‘n brons medalje. Slegs die top 2 swemmers in die distrik word verkies om hierna aan ‘n prestige gala op 12 Januarie 2024 in Oos-Londen deel te neem. JJ van Schalkwyk was in die top 2 en is dus vir hierdie span verkies in die o.10 afdeling, alhoewel hy net 8 jaar oud is.
Voor: JJ van Schalkwyk
Agter: Naude van der Merwe, Zenicke van Schalkwyk, Annabelle Kruger










