HS Kalahari leerder vaar puik by die “Run Walk for Life”
ADVERTISEMENT
Wat ‘n ongelooflike prestasie by die Freedom Run Half Maraton op 26 April 2025! Om 21.1 km in slegs 1 uur en 51 minute te voltooi, is geen geringe prestasie nie, en Mia leerder van Hoërskool Kalahari se harde werk met die “Run Walk for Life”-klub het werklik vrugte afgewerp.
Mia verwerf die eerste plek onder junior hardlopers en die tweede plek algeheel vir alle dames en dit is ‘n bewys van haar toewyding en talent. Ons is almal so trots op jou!Hou so aan met die wonderlike werk, en mag jy nog baie oorwinnings in die toekoms behaal!











