Hoërskool Volksrust leerder triomfeer by Sabie Classic 2025
ADVERTISEMENT
Op 26 April 2025 het Danél de Jager, ‘n talentvolle leerder van Hoërskool Volksrust, die eerste plek in die junior afdeling van die Provinsiale Cross Country Marathon (40 km) by die Sabie Classic verower. Met indrukwekkende vaardigheid en deursettingsvermoë het Danél die uitdagende roete oorheers en die goue medalje huis toe gebring. Hoërskool Volksrust en die gemeenskap is trots op haar uitmuntende prestasie. Baie geluk, Danél!












