Hoërskool Upington skuts bied suksesvolle kompetisie aan
ADVERTISEMENT
Hoërskool Upington het ‘n baie suksesvolle Liga 2 skietkompetisie op 8 en 9 April 2022 aangebied. Janko Botma kry twee silwer medaljes in die o.21 Sportergeweer se drie-posisie (525) en in 10m staan (346). Algeheel kry hy ‘n tweede posisie. Durin Smith kry twee brons medalje vir die derde plek in o/16 Sportergeweer se 3-posisie en 10m staan.
Martin Kotzé kry ‘n goue medalje in die o.21 Veergeweer se 10m staan (316). Algeheel kry hy ‘n tweede posisie. Rique Slabbert kry ‘n derde plek (brons medalje) in die o.21 Veergeweer se 3-posisie (457) en ‘n vierde plek in die staan (279). Johan Serfontein kry goue medaljes in die o.14 Veergeweer se drie-posisie (433) en in die 10m staan (269). Algeheel kry hy die eerste plek. Baie geluk aan ons skuts en aan hul ouers baie dankie vir die hulp en ondersteuning.
Rique Slabbert, Janko Botma, Martin Kotzé, Durin Smith en Johan Serfontein










