Hoërskool Swellendam Top Presteerders vier die Akademiese Gala-Aand
ADVERTISEMENT
Die top-presteerders van Hoërskool Swellendam se harde werk is op Vrydag 7 Februarie gevier. Die top 5 van 2024 se graad 8’s en 9’s asook die top 10 van graad 10 tot 12 is saam met hul ouers uitgenooi om die skool se jaarlikse akademiese gala-aand te geniet.
Die gasspreker van die aand was mev. Dorette Potgieter. Sy is ‘n talentvolle Suid-Afrikaanse aktrise wat naam gemaak het in die plaaslike vermaaklikheidsbedryf. Met ‘n loopbaan wat oor etlike jare strek, het sy in verskeie televisieprogramme, films en verhoog- produksies verskyn. Mev. Potgieter se veelsydigheid en omvang het haar erkenning en lof van gehore en kritici besorg.
Dankie aan mev. Retha van Papendorp wat gesorg het vir ‘n driegang-maaltyd uit die boeke uit en mev. Potgieter wat tyd gemaak het om die leerders te bemoedig. Baie geluk aan elke Swellie wat die aand bygewoon het!









