Hoërskool Stellenbosch bied `n suksesvolle Foyerkonsert aan
ADVERTISEMENT
Wat ’n ongelooflike aand in ons foyer! Die tema van die aand, Cabaret, het die gehoor betower met kleur, styl en flair. Ons graad 10-musiekleerders het nie net hul musikale talent gewys nie, maar ook hul organisasievermoë en spanwerk, deur die hele konsert van begin tot einde self te reël. Elke detail — van die program en uitleg tot die advertensies, klank en die verloop van die aand — is met sorg en kreatiwiteit hanteer, en dit het die aand só besonders gemaak.
Dit is presies wat Hoërskool Stellenbosch so uniek maak: hier leer ons nie net in die klaskamer nie, maar ook deur self te doen, te skep en te lei. Baie geluk aan elke graad 10-musiekleerder wat hierdie aand moontlik gemaak het. Die talent, trots en samehorigheid het die foyer gevul en ons harte warm gemaak. Ons sien met groot opgewondenheid uit na die volgende Foyerkonsert.



















