Hoërskool Parys het moontlik ‘n volgende Miljoenêr
ADVERTISEMENT
Twee van ons leerders, Melite Cornlissen en Nic Foley is in die TOP 60 van die “Maak My ‘n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar kompetisie en ViaTV Reeks!
Die “Maak My ‘n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar kompetisie is ‘n inisiatief vanaf Albert van Wyk in samewerking met ATKV-Kletskringe, Atterbury Trust, Akademia, Afrikaansdotcom, die MOS-inisiatief en ATKV-oorde. Die doel van hierdie kompetisie is om entrepreneurskap te bevorder en hoërskool entrepreneurs te bemagtig in Suid-Afrika. Leerders met besighede kon deelneem aan hierdie kompetisie waar hulle dan mentorskap en leiding ontvang vanaf Albert homself asook ander suksesvolle entrepreneurs.
Albert en sy span het vroeër hierdie jaar 51 skole besoek regoor Suid-Afrika en meer as 55 000 leerders toegespreek. Daar is nou die Top60 gekies vir die volgende rondte. Hierdie Top60 ontvang tans persoonlike mentorskap vanaf Albert asook Matthew Blauw en Shaniqua Steenkamp (vorige wenners) deur entrepreneurwerskwinkels wat aangebied word. Melite en Nic is gekies om deel te wees van die Top60 in hierdie jaar se kompetisie. Dit is reeds ‘n groot prestasie omdat hulle verkies is uit 125 ander entrepreneur inskrywings vanaf regoor Suid-Afrika. Ons is opgewonde om te sien hoe ons leerder gaan vaar en Hoërskool Parys gaan verteenwoordig in die hierdie seisoen van die “Maak My ‘n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar kompetisie en ViaTV Reeks.Melite en Nic is nou een tree nader aan die entrepreneur van die jaar 2024 trofee.
Die Top60 het nou drie werkswinkels wat hulle moet bywoon om soveel as moontlik te leer voordat hulle die Brandbank-sessie moet aandurf. Die Brandbank-sessie vind plaas in die Junie vakansie. Ons is positief oor Melite en Nic se deelname en ondersteun graag hulle besighede en hulle reis na die “Maak My ‘n Miljoenêr” trofee vir Entrepreneur van die Jaar. Vir meer inligting oor die kompetisie, kyk na https://www.maakmynmiljoener.co.za/ of kyk na verlede jaar se reeks op: www.youtube.com/@maakmynmiljoener. Die reeks sal ook op ViaTv kanaal 147 uitgesaai word op Woensdae aande om 19:30 vanaf 28 Augustus 2024.










