Hoërskool Ermelo-Spoiings weereens ’n spogbundel
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo-Spoiings weereens ’n spogbundel. Vanjaar se Spoiing-spogskryfstukke van EHS-leerders sluit aan by dié jaar se tema: Errie-hart. Om deel te wees van die Errie-Spoiings, die hartklop van die Erries waar gevoelens, hartstog en soms trane in die bladsye vervleg is, is ’n enorme voorreg.
Dankie aan elke leerder wat moeite doen met kreatiewe skryfwerk. Dankie aan elke onderwyser wat help heel aan stukkende harte wat vele male uit die skryfwerk na vore kom. Groot dank aan me Marli Murray vir die samestelling van die bundel en aan Ilandri Nel vir die ontwerp van die voorblad en die skryf van die voorwoord. EHS is trots op die bundel, die werk waarmee dit spog en elkeen wat deel vorm daarvan.










