Hoërskool Ermelo Fast 5 deur na SA’s
ADVERTISEMENT
Op Saterdag 14 September het twee van Hoërskool Ermelo se Fast 5-netbalspanne deelgeneem aan die Mpumalanga-uitspele..Die o.14 Fireballs wen 21-7 teen Emtofonjeni, verloor 9-19 en 15-20 teen onderskeidelik Secunda o.15 en MHS Griffons en wen 18-9 teen HGH Tripple G. Hulle eindig derde in hul poel en speel uit vir 5 tot 8, wen beide hul uitspeelwedstryde en eindig algeheel vyfde. Hierdie span is ’n o.14-span wat deelgeneem het in die o.15-afdeling.
Hoërskool Ermelo se o.18 Flames wen teen Meridian Karino (33-4), Secunda o.18 2 (36-13) en MHS Blitz (18-16 ), maar verloor 19-22 teen HTS Blou o.18. Hierdie span eindig tweede in hul poel en speel uit vir plekke 1 tot 4. Gedurende uitspele verloor hul 25-30 teen Piet Retief en wen teen Delmas met 23-13.
Met hul algehele derde plek in Mpumalanga kwalifiseer die span om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap te gaan deelneem te Laerskool Concordia in Boksburg op 23 en 24 September. Baie geluk aan hierdie netbaldogters met uitstekende uitslae. Hoërskool Ermelo is met reg trots op julle.









