Hoërskool Ermelo Dorpies geniet Braai-off 2023
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo Dorpies geniet Braai-off 2023. Op Saterdag 21 Januarie 2023 het Hoërskool Ermelo se Dorpies hul jaarlikse braai-off by Kralinbergh Estate aangebied. Die vier spanne het mekaar die stryd aangesê en heerlike geregte op die vuur voorberei. ‘n Goeie gees het onder die spanne geheers en almal het met oorgawe deelgeneem.
Elke span moes ‘n filet steak, groente en brood op die vuur voorberei. Spanne het slegs ‘n uur om al hul geregte voor te sit. Die beoordelaars is bekoor deur uithalergeregte. Terwyl die beoordelaars die moeilike taak gehad het om ‘n wenner aan te wys, het die gaste heerlik gesmul aan murgsag filet en ander geregte, voorberei deur Kralinbergh se personeel.
Tydens die prysuitdeling het die span La Fiesta Mexicana (Cornel en Jason Southey) die prys vir spangees gewen. Die wenners van die braai-off is Laurel en Hardy (Loekie Botha en Deo Botha) met hul vlamgebraaide filet steak, gemarineer in Avokado-olie en bedien met swart peper, growwe sout en knoffelbotter. Baie dankie aan elke braaispan en gas wat saam gekuier het, om ‘n suksesvolle en gesellige aand te kon aanbied.
Die Dorpsraad en Dorps-dirigente het as kelners gedien
Die Braai-off was, soos altyd, ‘n heerlike geselligheid
Deo Botha en Loekie Botha was as wenners van die dag aangewys
Deo Botha en Loekie Botha was as wenners van die dag aangewys
Deo Botha en Loekie Botha was as wenners van die dag aangewys
Cornel en Jason Southey wat met die prys ontvang het vir die beste gees.










