Hoërskool Diamantveld trots op kampioen tennisspeler
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoërskool Diamantveld se Robert Summers wat ons trots gemaak het by die “2023 Senior All Africa Championships” Robert wen brons in die enkels deur die nommer een gekeurde in Afrika in die kwarteindrondte te verslaan 22/20 en 21/15. Hy verloor egter in die semi-finaal, 21/19 en 21/17, teen die nuwe Afrika kampioen van Nigerië.
Robert is die sesde mans-enkelspeler van SA wat daarin slaag om ‘n medalje vir enkels te wen in enige “All Africa Championships” gedurende die laaste 40 jaar. Robert en sy spanmaat word bekroon as die Afrika Kampioene in mansdubbels deur die nommer een, twee en drie mansdubbel-pare in Afrika te klop. Robert wen ook brons in die spankompetisie. SA verloor net-net teen Egipte in die semi-finaal.


















