Hoërskool Diamantveld rugbyspeler behaal die Elite Player Development-groep
ADVERTISEMENT
Hoërskool Diamantveld wil graag vir Franklin Stevens gelukwens met sy insluiting in die Elite Player Development-groep. Hierdie groep, wat vroeër jare as die Green Squad bekend gestaan het, word saamgestel na afloop van die Grant Khomo-provinsiale week. Franklin se prestasie plaas hom onder die voorste o.16-rugbyspelers in Suid-Afrika. Baie geluk, Franklin! Ons is trots op jou en jou merkwaardige prestasie.











