Hoërskool DF Malan opvoeder én kunstenaar wen akriliese afdeling
ADVERTISEMENT
Mev Maureen de Villiers kry die erkenning wat sy toekom! Hoërskool DF Malan het so pas verneem dat Mev. M. de Villiers ‘n hoogaangeskrewe kunskompetisie se akriliese afdeling gewen het met haar inskrywing, “Fish River Canyon -God’s creation of splendor and beauty”.
Nie net is Mev De Villiers geweldig veelsydig in die vakke wat sy kan aanbied nie sy het al Natuurwetenskap, Tegnologie en tans Wiskundige Geletterdheid aangebied), maar sy is ook ‘n kunstenaar van formaat! Baie van ons tel as bevoorreg om ‘n kunswerk te besit wat sy vir ons gemaak het. Veels geluk, Maureen, dit is ‘n meesterstuk! Ons is baie trots op jou!











