Hoërskool DF Malan Kultuurkomitee vir 2023
ADVERTISEMENT
Hiermee die Hoërskool DF Malan Kultuurkomitee vir 2023. Hierdie komitee bestaan uit dinamiese, hardwerkende en geesdriftige leiers wat aan DF se kultuur gaan help bou. Dit beoog om deur middel van Kultuur die opvoedkundige kwaliteite soos liefde vir taal, die kunste en deursettingsvermoë by die leerders te kweek en op te skerp. Die klem lê veral op die kweek en bevordering van die behoud, geesdrif en liefde vir die kunste. Ons kan nie wag om te sien wat hierdie kreatiewe geeste in die skool gaan vermag nie. Maak ons trots!
Foto: Agterste ry (links na regs): Zandri Smith, Jessica Schoeman , Denise Rose, Mnr. Ian van der Westhuizen, Madré Laing, Chané Smith en Corné Kriel. Middelste ry (links na regs): Joshua Kapp, Nadia van Zyl, Cara Kitshoff, Carli Carstens, Ingrid Klopper, Michayla Kotzé en Erasmus le Roux . Voorste ry (links na regs): Luka Galhardo, Juan Visagie, Eileen Vermeulen, Erica Chen en Bea Fourie.










