Hoërskool Brackenfell het deurgedring na die MOOT COURT semi-finale rondte vir die Wes-Kaap
ADVERTISEMENT
Hoërskool Brackenfell het deurgedring na die MOOT COURT semi-finale rondte vir die Wes-Kaap. Op 26 Augustus 2023, het die leerders sake in die Paarl Landdroshof uitgespook teen 9 ander skole. Die span dring deur na die finale, nasionale rondte wat plaasvind vanaf 4 tot 9 Oktober in Gauteng. Hierdie kompetisie is baie intens en behels dat twee leerders per span die rol van ‘n prokureurspan vervul in ‘n hof. In ‘n hof redeneer twee groepe ‘n hipotese wat aan hulle gestel is. Elke span kry ‘n beurt om as beide respondent en applikant op te tree. Volwaardige regters beheer die verloop van die ‘hofsaak’, en lewer dan ook ‘n ‘uitspraak’. Charmaine van Wyk en Micke van der Westhuizen (beide in Graad 11) word sterkte toegewens vir hierdie enorme kompetisie.













